Published by Netwerk24 Klankgolwe
Rapport se sportredaksie ontleed alles in die sportwêreld.
Listen on Apple Podcasts23 min
Dié week op Rapport Praat Sport gesels ons oor die vier groot brandpunt-posisies in die Springbok-span voor die eerste toets in die Greatest Rivalry-reeks op 22 Augustus. Hendrik Cronjé sê linkervleuel, losskakel, nr. 5-slot en vaskopstut sal Rassie Erasmus die langste besig hou wanneer hy sy span kies. * Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
23 min
Rassie Erasmus het Siya Kolisi, Eben Etzebeth, Lood de Jager en Sacha Feinberg-Mngomezulu by sy Bok-groep ingesluit vir die toets teen Argentinië en die Greatest Rivalry-reeks teen die All Blacks. Ons gesels vandag daaroor op Rapport Praat Sport, en kyk ook watter spelers se aandele gestyg het tydens die drie Nasieskampioenskap-toetse in Julie. Ons praat ook oor Paul de Villiers se skitterspel, maar sê dit is nog heeltemal te vroeg om Kolisi af te skryf. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
14 min
Dié week sluit die legendariese rugbyskrywer Louis de Villiers hom op Rapport Praat Sport aan om Bok-rugby te gesels. Ons gesels oor die ongelooflike diepte wat Rassie Erasmus gebou het. Louis sê ook wie tans sy gunsteling-Springbokke is. Een is ’n slot en een is ’n heelagter. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
27 min
In dié week se episode van Rapport Praat Sport gesels ons oor die Springbokke se spogsege oor Engeland op Ellispark, en kyk vorentoe na die naweek se toets teen Skotland op Loftus Versfeld. Die kaartjie-konsternasie kry maar net nie end nie – nou is dit Loftus Versfeld se losiehouers wat kwaad is vir die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru). Ons gesels daaroor, oor hoe Rassie Erasmus sy Bok-span skitterend belyn gekry het... en oor hoe dankbaar ons is daar is dié naweek net een Damian in die span, om enige Speler van die Wedstryd-verwarring te vermy. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
12 min
Die Springbok-seisoen begin Saterdag in alle erns op Ellispark waar Engeland die Bokke inwag. Ons gesels op Rapport Praat Sport met die oud-Rose-flank Hendré Fourie oor dié kragmeting. Fourie het agt toetse vir Engeland gespeel, maar is nou terug in Suid-Afrika en “het weer te veel biltong en sonskyn gesien om steeds ’n bleekbeen te wees”. Hy staan vierkant agter die Bokke. Volgens hom is die Engelse se kapokhaan-flank Henry Pollock ’n uitstekende speler – “hy moet net die sideshows los”. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
30 min
Die Ierse media is tjoepstil oor Jacques Nienaber nadat Leinster ’n tweede agtereenvolgende seisoen die Verenigde Rugbykampioenskap gewen het. Die voormalige Springbok-afrigter was weke gelede nog die sondebok gewees. Sport | Rapport
22 min
Die Bulle was met hul rug vierkant teen die muur vroeër in die Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen ná vyf nederlae op ’n streep. Maar toe keer hulle die skip om en Vrydagaand pak hulle die magtige Leinster in die eindstryd in Dublin. “Almal sal verstaan dat as ’n mens in so ’n gat is, begin jy wonder of jy die regte besluit geneem het, want ek kon langer by die Junior Bokke aangebly het. Ek het egter nooit geloof verloor nie,” sê Johan Ackermann, die Bulle se hoofafrigter, op dié week se episode van Rapport Praat Sport. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
19 min
Die Protea-vroue se jong veelsydige ster Annerie Dercksen sluit vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die T20-Wêreldbeker-toernooi wat die naweek begin. Dercksen sê die span put baie selfvertroue uit hul spogvertonings in die laaste paar Wêreldbeker-toernooie, waar hulle drie keer die eindstryd gehaal het. So nou en dan durf hulle droom oor wat dié keer kan gebeur. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
29 min
Sacha Feinberg-Mngomezulu het een van die nuutste spelers op die Springbokke se krukkelys geword. Wie moet volgende maand vir die Bokke op losskakel teen Engeland begin? Dié week op Rapport Praat Sport gesels ons daaroor en wie dalk in Julie hul toetsbuigings kan maak. Sport | Rapport
30 min
Jimmy Stonehouse sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy Puma-span se sege in die SA Beker-eindstryd. Hy praat breedvoerig oor die kompetisiestrukture in Suid-Afrikaanse rugby, en verduidelik die uitdagings waarmee hy te kampe het om elke jaar ’n bieliespan te probeer bou. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
19 min
Embrose Papier sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy droomseisoen. Dié skrumskakel het pas die Bulle se mees ervare nr. 9 van alle tye geword, en is boonop ná agt jaar terug in die Springbok-prentjie. Hy vertel ’n bietjie waaraan hy moes werk om terug in Rassie Erasmus se planne te kom, en sê wat van hom ’n goeie skrumskakel maak. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
27 min
Heyneke Meyer sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die herlewing by die SWD-Arende. Die span het net-net kwalifikasie vir die Curriebeker-Premierliga misgeloop, maar hulself uitstekend van hul taak gekwyt in vanjaar se SA Beker-reeks. Meyer sê daar loop ’n paar toekomstige Springbokke in die SWD rond. Hy reken ook die gehalte van vanjaar se reeks was skitterend – “dalk selfs sterker as die Curriebeker”. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
24 min
Die Cheetahs moet g’n gunste van Griekwas verwag wanneer dié spanne mekaar Vrydagaand in Bloemfontein in die laaste ronde van SA Beker-ligawedstryde pak nie. Die Poubloues sal maar al te goed onthou hoe die Vrystaters hulle gebyt het in die raadsale voor vanjaar se toernooi. Die Vrystaat moet Vrydagaand wen om hul deelname in vanjaar se Curriebeker-Premierliga te bevestig. In dié week se Rapport Praat Sport praat ons oor die verreikende gevolge as die Cheetahs nie kwalifiseer nie. Ons gesels ook oor Jan Serfontein se skokuittrede uit rugby, en die Junior Springbokke se segetog in die o. 20-Rugbykampioenskap. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
26 min
Die losvoorspeler Lappies Labuschagné, wat al Japan in toetsrugby aangevoer het, sluit hom vandeesweek by ‘Rapport Praat Sport’ aan om oor sy uittrede en lang loopbaan te gesels. Sport | Rapport
21 min
Die Leeus speel skitterende rugby in vanjaar se Verenigde Rugbykampioenskap, en het nou vyf wedstryde agtereenvolgens gewen. Die span is in die vierde plek op die punteleer en met drie wedstryde oor, wink die uitklopfase. Francke Horn, die Leeus se agtsteman en kaptein, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om oor sy span se spogseisoen te gesels. “Ons groep is nou al ’n hele paar jaar saam en die samehorigheid is goed, ons weet wat elke ander ou op die veld gaan doen. Ons was al saam deur groot laagtepunte verlede jaar en hierdie jaar het ons gesit en besluit wat ons wil bereik. Sover gaan dit goed,” sê Horn. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
24 min
Rugby, krieket, boks … die rockster Francois van Coke was nog altyd lief vir sport, maar nou is hardloop een van sy grootste stokperdjies. Van Coke het pas sy tweede Twee Oseane-ultramarathon voltooi, in ’n tyd van 5 uur en 49 minute. Hy sluit hom dié week by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy hardloop-reis en sy liefde vir sport. Van Coke was in sy o. 13-jaar die WP se Cravenweek-skrumskakel, en het ook vyf jaar gelede die voormalige Springbok-losskakel Derick Hougaard in ’n boksgeveg geklop. “Ek spot altyd dat dit naas my kinders se geboorte die beste dag van my lewe was.” • Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
32 min
Die week sluit een van die land se beste sportadministrateurs, Jacques Faul, hom by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die sakekant van sport. Faul, die Titans se uitvoerende hoof, sê daar is deesdae soveel opsies vir sportaanhangers dat sekere reekse en toernooie erg sukkel om aandag te trek. Faul verklap ook dat SA20-wedstryde by SuperSport-park in Januarie beter bygewoon is as die Proteas se T20-kragmeting daar met die Wes-Indiese Eilande. Hy gesels ook oor Krieket Suid-Afrika se nuwe lys van nasionaal gekontrakteerde spelers. • Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
20 min
Die Hoërskool Stellenberg word nie as ’n tradisionele rugbyskool gesien nie, maar het vanjaar reeds twee reuse neergevel: Paarl Gimnasium en Grey Kollege. Dié skool se sporthoof, Andras Molnar, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om oor hul sukses te gesels. Hy vertel onder meer dat die skool ’n voltydse sportsielkundige in diens het. • Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
29 min
Marais Erasmus het verlede week in sy laaste krieketwedstryd as skeidsregter gestaan. Hy tree uit ná 26 jaar as witjas, waarin hy 82 toetse, 124 internasionale eendagwedstryde en 61 internasionale T20-wedstryde (mans en vroue) behartig het. Sport | Rapport
21 min
Dié week op Rapport Praat Sport gesels ons oor die verrassende uitnodigings wat Carlü Sadie en JJ van der Mescht gekry het om Rassie Erasmus se virtuele Springbok-belyningskamp by te woon. Hulle is groot, sterk en swaar... maar is hul enjins groot genoeg vir Rassie-rugby? Ons gesels ook oor die opwindende laaste wedstryd in die Sesnasies-reeks, en die Blitsbokke se sukses in New York. • Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
Bring this source into Mato to analyze its transferable patterns and turn them into an original show concept for your audience.
Create a show inspired by this